Skip to the content

Bolandhuise

Eenhede vir 6 tot 8 persone met driestergradering. Die eenhede van die Boland-kompleks is in ’n sirkel gebou met elke eenheid wat deur ’n tuinmuur geskei word. Al die eenhede kyk uit op ’n sentrale swembad met natuurlike bronwater.

Bolandhuise 6-Bed

Tien eenhede. Enkelverdieping. Drie slaapkamers – hoofslaapkamer met dubbelbed, en twee slaapkamers elk met twee enkelbeddens. Oopplankombuis/Leefarea met vierplaatstoof in kombuis. Twee badkamers – een met bad, wasbak en toilet, en een met stort en wasbak. Veranda met ingeboude onderdakbraai. Onderdakparkering. 

Bolandhuise 8-Bed

Agt eenhede. Dubbelverdieping. Boonste vloer: Twee slaapkamers − hoofslaapkamer met dubbelbed, en een slaapkamer met twee enkelbeddens. Grondvloer: Twee slaapkamers − hoofslaapkamer met dubbelbed, en een slaapkamer met twee enkelbeddens. Oopplankombuis/Leefarea met vierplaatstoof in kombuis. Badkamer met bad, wasbak en toilet. Balkon-area. Veranda met ingeboude onderdakbraai. Onderdakparkering

Sien alle akkommodasie

Badsberg-eenhede

Badsberg-eenhede

5 & 6 Slaper Eenhede

Slanghoek villa

Slanghoek-villas

6 Slaper Eenhede

Rondawels

Rondawels

4 & 5 Slaper Eenhede

Tulbach-woonstelle

5 Slaper Eenhede