Skip to the content

ATKV-Goudini Spa is een van die gewildste selfsorgvakansieoorde in die Kaap en bied ure se pret en salige ontspanning vir ’n ieder en ’n elk.

Aktiwiteite by die oord
  • Binnenshuise en buiteswembaddens
  • Mineraal- en borrelbaddens
  • Waterwurm en wipmatte
  • Minigholf
  • Staproetes
  • Voëlverkenning
  • Perderitte
  • Tennis en vlugbal
  • Snoeker en potspel
  • Speletjiesarkade

NEEM KENNIS

Vir sekere fasiliteite en vermaak mag daar van tyd tot tyd 'n addisionele heffing gevra word.

Besienswaardighede in die omgewing
  • Kleinplasie-opelugmuseum
  • KWV-brandewynkelder
  • Verskeie wynkelders in die omgewing soos Badsberg, Slanghoek, Du Toitskloof, Goudini en Opstal
  • Aquila in Touwsrivier
  • Mountain Mill-winkelsentrum met amper 100 winkels
  • African Water Wanderers
Fasiliteite by die oord

ATKV-Goudini Spa beskik oor ’n gelisensieerde Koswerf-restaurant, sowel as ’n Kitskoswerf/wegneemete-restaurant (met ’n addisionele Halaal-afdeling). Verder is daar ook ’n geriefswinkel, skoonheidsalon, OTM en ’n wassery.