Geniet borrelende pret in die Wes-Kaap!
Skaars ’n uur van Kaapstad in die hartjie van die Bolandse berge lê ATKV-Goudini Spa vakansie oord met sy helende mineraalbaddens en te veel pretdinge om in een vakansie in te pas.
ATKV-Goudini Spa se verskeidenheid selfsorgakkommodasie, vermaak en ontspanningsgeriewe sal selfs die kieskeurigste vakansieganger gelukkig maak. Aktiwiteite op die oord sluit in verskillende natuurlik verhitte swembaddens,warm water glyplank ,tennis- en vlugbalbane asook n speletjieskamer en natuurskoon stapplek.
Ons oord beskik oor uitstaande konferensiefasiliteite wat tot 800 konferensiegangers kan huisves met nege verskillende konferensie lokale om van te kies. Ook die ideale keuse vir ’n perfekte huweliksonthaal met pragtige uitsigte oor die Breedevallei.
ATKV-Goudini Spa oord beskik oor ’n gelisensieerde restaurant, geriefswinkel en skoonheidsalon op die oord. Asook ‘n wassery, OTM en Halaal gesertifiseerde wegneemetes.
Perfek vir gesinsvakansies.
Promosies
Bly vir minder die somer by ATKV-oorde. Spesiale aanbod vir Januarie & Februarie nou beskikbaar.
Aanlyngeskenkbewyse
Wil jy graag iemand bederf met ’n ervaring as geskenk?
Kliek hier om ’n ATKV-geskenkbewys te koop.
COVID-19 Suid-Afrika
Vir die nuutste inligting rakende die koronavirus in SA, volg gerus die skakel.
Akkommodasie
ATKV-Goudini Spa het ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie vir elke sak en smaak. Elke eenheid is gemeubileer en volledig toegerus met DStv.

Badsberg-eenhede
5 & 6 Slaper Eenhede

Bolandhuise
6/8 bed

Slanghoek-villas
6 Slaper Eenhede

Rondawels
4 & 5 Slaper Eenhede
50-PLUSSERS!
Bosveld op sy beste!
Die ATKV maak jou Bosvelddrome waar met Negester Klein-Kariba.