Skip to the content
Dubbel klik vir vol skerm

CAMPVIEW

Oorweeg jy dit om ATKV-Goudini Spa te besoek?
Wonder jy hoe dit hier by ons lyk?
Nou het jy die geleentheid om die oord uit die gemak van jou eie huis te ervaar met Campview se 360 virtuele toer. Loer gerus hier om te sien hoe jou eenheid of staanplek lyk en wat die oord het om te bied. Hierdie virtuele toer maak jou vakansiebeplanning selfs nog makliker.

ATKV Goudini Slanghoek Villas

Die luukse Slanghoek-villas, geleë aan die bo-punt van Goudini Spa, bied gaste ongelooflike uitsigte oor die vallei. Elk van dié vierstereenhede beskik oor gemak-ekstras , insluitend lugversorging en ’n ingeboude braai op die onderdakstoep.

ATKV Goudini Rondawel

Goudini Spa het 101 gemaklike rondawels met ’n twee- of driestergradering. Die tweesterrondawels akkomodeer vier, terwyl die driesterrondawels vyf mense kan akkommodeer. Die driestereenhede het lugversorging in die leefareas asook ’n onderdakbraaiarea.

Koswerf at Goudini Restaurant

Goudini Spa is trots om ’n Koswerf-restourant op die perseel te hê. Ons spyskaart is propvol heerlike, waarde-vir-geld maaltye. Staan nader vir ’n Koswerf-ontbyt, tuisgemaakte biefburger met gekarameliseerde uie en agurkies, of probeer ons lekker biltongslaai.