Dit het onder ons aandag gekom dat swendelaars en vals agente bedrieglike ATKV-Goudini Spa-besprekings op TikTok en ander sosialemediaplatforms adverteer en verkoop.
Wees asseblief waaksaam! Vir u veiligheid, maak seker dat u bespreking slegs deur die ATKV se amptelike besprekingskanale gemaak word.
Bespreek veilig: https://goudinispa.co.za/bespreek/
Wees asseblief versigtig wanneer u met enige persoon handel wat beweer dat hulle 'n ATKV-agent op sosiale media is. Moet asseblief nie betalings aan ongeverifieerde persone of bankrekeninge maak nie.
Beskerm uself en u vakansie - bespreek slegs direk deur die ATKV se amptelike kanale.