6-Slaper Slanghoek Villa A (Rolstoel Vriendelik)

112m2

Slaap 6 (Maksimum 6 Volwassenes)

3 Slaapkamers

2 Badkamers

Selfsorg


Opgegradeerde rolstoeltoeganklike villa met unieke dekor en pragtige berguitsigte.

Daar is 1 slaapkamer met ʼn dubbelbed en private veranda. 2 bykomende slaapkamers, met 2 enkelbeddens in elke kamer. Daar is 2 badkamers met storte. 1 badkamer is rolstoeltoeganklik vir gaste in rolstoele.

Daar is lugversorging in die hoofslaapkamer en leefarea. Daar is ʼn eetkamer, ten volle toegeruste, moderne kombuis met ʼn onderdakveranda en braai-area.

Badhandoeke word voorsien. Bring eie swemhandoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoed-seep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word voorsien in self-sorg eenhede.

Let wel dat die eenhede se dekor binne, buite-uitleg en uitsig vanuit eenhede kan verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Lugversorging

Platskerm TV

Beperkte DStv

Onderdakpatio

Braai

Buitemeubels

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering: 1 voertuig

Rolstoel Vriendelik